Hy het ‘n voorliefde vir tuinmaak en plant glo jaarliks ‘n verskeidenheid groente op sy erf in Aslapark, maar hierdie oes het hom totaal verbaas.
“Ek het drie jaar gelede laas iets in die grond gehad, dus het die grond gerus en tyd gehad om weer te herstel. Ek reken dis hoe die aarde my terugbetaal het.”
Barry het botterskorsie, kool, uie, beet en dies meer geplant. Barry plant slegs groente aan vir privaat gebruik en deel ook meestal die oes met sy ouers en skoonouers.

Hier hou hy van die botterskorsies vas, maar blykbaar was die hele oes belowend groot.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'