TUINROETE NUUS - Die graad 5-leerders van Laerskool George-Suid het onlangs op Hartenbos se strand meer kom leer oor hoe om op 'n veilige manier in die see of in 'n swembad, pret te hê.
NSRI Mosselbaai-vrywilligers Johan Ehlers en Johan Crew, het aan die leerders verduidelik hoe om uit 'n sleurstroom (rip current) te kom asook wat die noodnommers is om te skakel indien daar 'n noodsituasie in die water is.
Twee handfakkels en 'n rookfakkel is ook afgevuur om te wys dat die helder lig en baie rook duidelik sigbaar is wanneer daar 'n noodtoestand ter see is.
Die publiek word ook daaraan herinner dat daar oral langs plaaslike strande pienk boeie aangebring is om te gebruik indien 'n persoon in nood verkeer in die water.
Die noodnommers om te skakel vanaf 'n selfoon of landlyn om 'n gebeurtenis aan te meld is 082 990 5954 of 112.
NSRI Mosselbaai-vrywilliger Johan Ehlers verduidelik aan die leerders hoe om uit 'n sleurstroom te kom.
Die Graad 5 Leerders en onderwysers van Laerskool George Suid wat meer kom leer het oor waterveiligheid.
Reddingsboeie is oral langs strande aangebring om te gebruik indien 'n persoon in nood verkeer ter see.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'