Hierdie skenking is deur Coetzee Alberts Argitekte in Mosselbaai gedoen. Louise Coetzee en Sannette de Waal van dié maatskappy het die tassies gaan uitdeel.
Die vreugde op die kindergesiggies toe hulle die tasse ontvang het, was kosbaar en hulle het hul dankbaarheid betuig met die sing van 'n liedjie.
Die skenking het deel uitgemaak van die Oliver Twist projek van die Mossel Bay Advertiser en Home Ads News se Skryfbehoefte-veldtog.


