MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit hou weer hul opedae vir die verwydering van gevaarlike huishoudelike afval. Hierdie is die ideale geleentheid om gratis op 'n gerieflike manier van hierdie items ontslae te raak.
Op 23 Junie is dit Groot-Brakrivier se beurt om hulle gevaarlike afval na die munisipale-geboue te neem.
Ontvangs van afval word vanaf 08:30-14:30 geneem.
Dit sluit in:
- motorolie, oliefilters, remvloeistof
- gebruikte vriesteenmiddel
- verf, verfverdunner, terpentyn
- plaagdoders of onkruiddoders
- huishoudelike batterye
- ou TV-stelle, verskeidenheid elektroniese toestelle
- motorbande
- fluoorbuise en gloeilampe
- huishoudelike mediese afval (naalde en ou medisyne en tablette)
Die volgende items word nie aanvaar nie:
- plofstowwe
- ammunisie
- radioaktiewe materiale
- wetlikbeheerde medisyne
Addisionele inligting
- Bring die items moet in ‘n sterk kartondoos, verkieslik die oorspronklike verpakking geplaas en gemerk word.
- Moet nooit gevaarlike items meng nie.
- As gevolg van permit vereistes en die hoeveelheid persone wat aan die program deelneem sal van u verwag word dat u bereid moet wees om u houer saam met die gevaarlike afval in te gee.
Rig navrae aan, Nombuyiselo Majola (044 606 5143).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'