MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit hou weer hul ope dae vir die verwydering van gevaarlike huishoudelike afval.
Hierdie is die ideale geleentheid om gratis op 'n gerieflike manier van hierdie items ontslae te raak.
Op 23 Maart kan afval vanaf 08:00 tot 14:00 na die Mosselbaai-stadsaal geneem word en op 24 Maart is dit Groot-Brakrivier se beurt om hulle gevaarlike afval vanaf 08:30 tot 14:30 na die munisipale geboue te neem.
Dit sluit in
• motorolie, oliefilters, remvloeistof
• gebruikte vriesteenmiddel
• verf, verfverdunner, terpentyn
• plaagdoders of onkruiddoders
• huishoudelike batterye
• ou TV-stelle, verskeidenheid elektroniese toestelle
• motorbande
• fluoorbuise en gloeilampe
• huishoudelike mediese afval (naalde, ou medisyne en tablette)
Die volgende items word nie aanvaar nie
• plofstowwe
• ammunisie
• radioaktiewe materiale
• wetlikbeheerde medisyne
Addisionele inligting
• Bring die items in ‘n sterk kartondoos, verkieslik die oorspronklike verpakking en moet gemerk word.
• Moet nooit gevaarlike items meng nie.
• As gevolg van permitvereistes en die hoeveelheid persone wat aan die program deelneem sal van u verwag word dat u bereid moet wees om u houer saam met die gevaarlike afval in te gee.
Rig navrae aan die afvalbestuurkantoor (044 606 5143).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'