MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Sao Bras hou later vandeesmaand 'n goedvoel-ontbyt vir vroue met die borrelende radiopersoonlikheid, Haidee Muller as gasspreker.
Haidee Muller, voorheen 'n joernalis vir Huisgenoot, is die afgelope paar jaar verbonde aan die Oggend op RSG-span en het veral bekend geword vir haar buitelug-insetsels en dokumentêre programme vir die stasie.
'n Boorling van Oudtshoorn, het sy 'n BA-graad in politiek en sielkunde aan Rhodes Universiteit behaal, asook 'n Bphil-graad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Haidee beskryf haarself as "'n pretmeisie, lief vir uiteet, dol oor resepteboeke en besonder trots op haar musiekversameling".
Die geleentheid vind plaas by die Pinnacle Point-konferensielokaal op 21 Oktober om 09:00.
Kaartjies kos R135 en sluit in 'n buffet-ontbyt, geskenksakkie, vermaak en interessante praatjies deur vroue vir vroue oor grimering, dieet, hare, oefening en gesondheid.
Kaartjies is verkrygbaar by die skool of personeellede. Vir meer inligting, kontak die skoolkantoor (044 693 0033 of 079 497 1659).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'