MOSSELBAAI NUUS - Vir hierdie unieke musiekkonsert word 'n orrel spesiaal na die Dias Museum gebring.
Die Mosselbaai Kunstevereniging span kragte saam met bekende musici Gerrit Jordaan (orrel) en Dalene Steenkamp-Brits (klavier).
Dit gaan 'n lekker musiekaand wees wat nostalgiese jazz en sommer net goedvoel-nommers soos Ghershwin se Rhapsody in Blue, Joplin se Maple Leaf Rag en die tradisionele Swing Low Sweet Chariot sal insluit.
Dit vind plaas op Donderdag, 6 Junie in die Dias Museum. Die konsert begin 19:30 en die deure open om 18:30.
Kaartjies kan by die Espresso Spot (wat in die Dias Museum geleë is) bekom word van Maandae tot Saterdae tussen 09:00 en 15:00.
Kaartjies kos R110 vir lede van die kunstevereniging, R130 vir nie-lede en R30 vir skoliere. Verdere inligting is beskikbaar by Abé Meintjes (083 268 3718).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'