TUINROETE NUUS - Die vermeende rower, Nelson Muchanga wat op Saterdag, 15 Junie tydens 'n stoeigeveg met 'n buurtwaglid in die been gewond is, is in hegtenis in die George-gevangenis.
Muchanga was vir etlike dae in die George provinsiale hospitaal onder polisiebewaking.
Lede van die Glentana-buurtwag het op die betrokke aand op inligting reageer aangaande drie verdagtes wat tussen bosse langs die N2 op Groot-Brakrivier wegkruip. By nadere ondersoek het die buurtwaglede op swartsakke vol vermoedelik gesteelde eiendom afgekom.
Die buurtwaglid het die verdagtes genader waarna Muchanga op die buurtwaglid afgestorm en sy vuurwapen probeer gryp het. 'n Gestoei het uitgebreek en Muchanga is in die been geskiet.
Die ander twee verdagtes het weggehardloop en is steeds op vrye voet. Muchanga het op Dinsdag, 25 Junie in die George-landdroshof verskyn op 'n aanklag van poging tot roof. Hy bly in aanhouding en verskyn weer in die hof op Dinsdag, 2 Julie.
Lees 'n vorige artikel hier: Vermeende rower in been gewond
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'