Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai spog vanjaar met vyf gesogte blouvlagstrande.
Op Maandagoggend, 2 Desember is die blouvlag gepas op Glentana se hoofstrand gehys.
Glentana het vanjaar volle blouvlagstatus verwerf nadat dit verlede jaar 'n proeftydperk deurloop het.
Fotogalery: Glentana hys Blouvlag
Munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee sê blouvlagstatus bevestig aan besoekers dat bepaalde standaarde geld aangesien daar aan baie streng vereistes voldoen moet word, onder meer die beskikbaarheid van lewensredders gedurende spesifieke ure, behoorlike vullisverwydering, asook behoorlike ablusiegeriewe. "Dit is vir Mosselbaai-munisipaliteit belangrik om soveel moontlik van hierdie unieke toekennings vir blouvlagstrande te kry sodat toeriste van die beste diens moontlik verseker kan wees. Glentana is Mosselbaai se vyfde blouvlagstrand en het die volle status in 'n rekordtyd verwerf. Gewoonlik geld die toetsstatus heelwat langer as slegs een seisoen, maar Glentana het met vlieënde vaandels die toets geslaag."
Die munisipale bestuurder het ook hulde gebring aan die Glentana-belastingbetalersvereniging en wykskomitee wat deur harde werk verseker het dat die strand gepaste status verwerf.
Kyk 'n video hieronder:
Mosselbaai-munisipaliteit se omgewingskundige, Warren Manual, wat onder meer vir die blouvlagstrande verantwoordelik is, sê blouvlagstatus bevestig ook dat die betrokke strande op 'n volhoubare wyse bestuur word.
"Blouvlagstatus geld in Mosselbaai vanaf 9 Desember tot 10 Januarie. Blouvlagstatus word internasionaal erken, wat gevolglik beteken dat ook internasionale toeriste die waarde daarvan ken en strande uitsoek wat met hierdie status spog. Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het sy tevredenheid uitgespreek met die vyf blouvlagstrande en het adv Thys Giliomee, die personeel, die wyksraadslid, raadslid Anton Dellemijn en die onderskeie gemeenskapsorganisasies wat meegewerk het om blouvlagstrande vir Mosselbaai se strande te verseker, vir hul harde werk bedank.
'n Glasie word geklink op die eerste blouvlagstatus vir Glentana.
Die blouvlag gaan daagliks vanaf 9 Desember tot 10 Januarie elke dag gehys word om vakansiegangers en inwoners die versekering te gee dat die Glentanastrand van die beste geriewe, veilige en skoon strand en verskeie ander statusse aan besoekers na die strand bied. Foto: Jannie du Plessis
Parkering en geriewe is van top gehalte by die hoofstrand in Glentana. Foto: Jannie du Plessis
Die hoofstrand op Glentana wat nou blouvlagstatus het. Foto: Jannie du Plessis
Lees 'n vorige artikel: Glentana ontvang blouvlagstatus
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'