Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - In 'n gesprek met 'n volgepakte gehoor in die Bravo Lounge op Donderdagaand, het dr Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) verskeie voorstelle gemaak oor hoe gewone Suid-Afrikaners die verval in Suid-Afrika kan aanspreek en selfs omdraai.
Hy het as gas van AfriForum Mosselbaai op Donderdag, 18 Oktober gesê die IRR is 'n unieke drukgroep wat op grond van intelligensie-gedrewe navorsing en analise oor dekades heen 'n ingeligte dinkskrum gevorm het wat daaraan werk om gewone mense in te lig en te betrek by die oplossings vir die land se probleme.
Na 'n kort historiese oorsig en situasieskets van waar die land hom onder die leiding
van die huidige regering bevind, het dr Cronjé hoewel mense verarm en werkloosheid toeneem, toon die navorsing van hul centrum van risiko-analise dat tot soveel as 90% van alle Suid-Afrikaners - en 88% van swart Suid-Afrikaners - nie daarmee saamstem dat eiendomsreg hulle of andere in die land ontneem moet word nie.
"As drukgroep beywer die IRR ons om deur middel van gesprekvoering en die media druk op die regering te plaas om gewone Suid-Afrikaners toe te laat om self te besluit hoe ons wil lewe, wat die lewenstandaard moet wees - selfs wie die polisiehoof in ons betrokke dorp of omgewing moet wees, of wie die skoolhoof moet wees. Ons dryf drukgroepe ten opsigte van eiendomsreg, die oppergesag van die reg, teen sommige van die bemagtigingsbeleide van die huidige regering, en veral ook ten opsigte van landbouers."
Sihle 'Big Daddy Liberty' Ngobese
Hy het benadruk dat die IRR nie daarna strewe om 'n hoë mediaprofiel te handhaaf nie, maar dat besonder hard gewerk word om die regering daarop te wys dat die politieke koste van hul populistiese beleide te hoog is.
"Solank ons in groot getalle, as gewone mense betrokke raak in die stryd om weer beheer terug te neem oor ons eie land, solank brue gebou word oor alle grense heen, kan ons 'n suksesvolle en stabiele toekoms verseker.
Venter is bygestaan deur die IRR se direkteur van strategiese operasies, Sihle Ngobese, die sosiale mediapersoonlikheid bekend as Big Daddy Liberty.
Kyk 'n video hieronder:
Hy het onder meer gesê dat hul navorsing toon dat 80% van alle Suid-Afrikaners meen, hoewel die politiek die land toenemend polariseer, swart en blank mekaar steeds nodig het om 'n sukses van die land te maak.
"Dit gaan nou oor 'n battle of ideas, dit gaan nou daaroor om gewone landsburgers te bemagtig om deel te vorm van ingeligte gesprekvoering, te die gewone mense te kry hul stem te laat hoor en om betrokke te raak om onwerkbare beleidsbesluite om te keer."
Hy sê die toekoms moet deur gewone Suid-Afrikaners, en nie politici nie, bepaal word.
"Wat wil die gewone man op straat hê? Almal, ongeag ras of sosiale status soek 'n geleentheid om in veilige omstandighede 'n eerlike bestaan te maak en 'n toekoms vir hul en hul kinders te verseker. Dit verg alle Suid-Afrikaners om op te staan en betrokke te raak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'