MOSSELBAAI NUUS - Die polisie is op soek na 'n verdagte in verband met die gewapende roof by die Bloemspan Kiosk op Voorbaai op Maandag, 13 September.
Die Da Gamaskop-polisiestasie het 'n gesigsamestelling van die verdagte saamgestel.
Die verdagte is vermoedelik in sy 40's en is ongeveer 1,7m lank. Hy het Afrikaans gepraat en in 'n silwer Hyundai gevlug. Die verdagte het 'n snor en donkergrys hare.
Enigeen wat die man op die gesigsamestelling herken word versoek om die ondersoekbeampte in die saak, Speurder kst Nelly Manyhonta te kontak by 079 879 9003.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'