MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek ‘n besigheidsrooftog wat gisteraand, Sondag 14 Maart, net na 21:00 by Piza É Vino, Hartenbos Seefront plaasgevind het.
Volgens inligting verskaf deur die polisie, het vier onbekende mans die restaurant betree. Een van die verdagtes het ‘n vuurwapen gehad en geëis dat die bestuurder van die restaurant kontant aan die rowers oorhandig.
Die verdagtes het met ‘n groot kontantbedrag op die vlug geslaan en ‘n selfoon wat hulle gebuit het.
Niemand is tydens die voorval beseer nie en geen arrestasies is nog gemaak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'