MOSSELBAAI NUUS - ‘n Diefstal uit 'n motorvoertuig het vroeër vandag in Marshstraat voor die dekorwinkel, Arabesque plaasgevind.
'n Silver Mercedes met vermoedelik vervalste nommerplate, CA 477391, word in verband met die voorval gesoek.
Die twee verdagtes in die Mercedes het blykbaar geld en selfone uit 'n afleweringsvoertuig gesteel.
Enigiemand met inligting kan die Mosselbaai-polisiestasie skakel (044 606 2851).
*Hierdie artikel is aangepas
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'