TUINROETE DISTRIKNUUS - Suid-Afrika is een van die mees diverse lande ter wêreld, nie net wat taal betref nie, maar ook in terme van etnisiteit en geloofsvoorkeure.
So het Susan Spiris van Oudtshoorn haar praatjie oor diversiteit tydens 'n byeenkoms van die Disabled People of South Africa (DPSA) se tak op Mosselbaai, begin. Spiris het 'n daglange werkswinkel oor diversiteit op Mosselbaai aangebied.
Sy het uitgestip dat diversiteit hand aan hand met inklusiwiteit loop.
Spiris het ses praktiese wenke gegee oor die skep van 'n inklusiewe omgewing. Dit sluit in: die opvoed van leerders; die skep van 'n inklusiwiteitsforum; die viering van werknemers se diversiteit; luister na werknemers; die hou van effektiewe vergaderings; die kommunikeer van doelwitte en om vooruitgang te meet.
Sy het met hierdie spesifieke groep veral daaroor gepraat dat gestremdheid mense nie daarvan moet weerhou om hulle doelwitte te bereik en hulle drome te laat waar word nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'