Die resies was 'n groot sukses, aangesien al die plaaslike atlete wat deelgeneem het, medaljes ontvang het.
Jafta Mukwaja, 'n atleet van Groot Brak, het die 21km-afstand vir die eerste keer afgelê en tweede oor die wenstreep gerol.
Patrick Saayman het sy trots oor sy atlete se prestasie te kenne gegee en die munisipaliteit, asook die Mosselbaaise gemeenskap bedank vir hulle bydrae wat die atlete se deelname moontlik gemaak het.
Hy bedank ook Briesies-busdiens vir die vervoer na die byeenkoms.
Die volgende gestremde atlete het almal medaljes ontvang tydens die Hermanus Wheel and Runners Race. Agter: Linda Saayman, Solly Horn, Janden Kiewiet, Jessie Jansen, Roger le Roux (busbestuurder), Deon Maart, Abrham Smith, Melvive de Jager, Salisa Groenewald, Katrien Williams, Wendy Saayman, Ellie Filander. Voor: Adri-Ann Arends, Unita Kiewiet, Asanda Maneli, Sagarias Kapot, Jafta Mukwaja en Patrick Saayman.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'