Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Groot-Brakrivier-polisie het die volgende items teruggevind wat tydens onlangse rooftogte gesteel is.
Indien inwoners van die items herken, moet hulle die speurders by die Brak-polisiekantoor besoek, bewys lewer dat die item wel aan hulle behoort en 'n uitkenningsverklaring aflê.
FOTOGALERY: Gesteelde items gevind
Behalwe die items op die foto's, is die volgende items ook teruggevind wat vermoedelik gesteel is:
Een 32-duim Hisense en een 32-duim Skyworth TV, Een RCT inverter, 'n rooi AEG stofsuier, 'n groen Schultz boor, 'n nuwe rooi elektriese koord, een Bushtek Gazebo, en een Trimtech onkruidvreter.
Kontak die Brak-polisiekantoor op 082 522 1682 vir verdere inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’