MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Anti Suicide Initiative nooi die gemeenskap, kerkleiers, gemeenskapsorganisasies, die Moslem-gemeenskap, Mosselbaai-munisipaliteit, skole en alle belangstellendes uit na 'n vergadering wat gehou sal word op 17 November in die Erika Primêre Skool se saal.
Die vergadering begin om 10:00.
Die Ashley Kriel Skills Development Centre van Kaapstad asook die nasionale departement van sosiale ontwikkeling sal die vergadering toespreek by hierdie geleentheid.
Die rede vir die byeenkoms is om te bepaal tot watter mate hierdie organisasie en departement ondersteuning kan bied in Mosselbaai wat dienslewering aan die jeug en breër gemeenskap betref.
Vir navrae, kontak Lenise Hendricks (083 655 9455), Nicklo Pedro (063 464 6353) en Dexter Brinkhuis (061 248 3885).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'