GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van brandstigting nadat 'n vraghouer waarin 'n gesin gewoon het, in die gebied afgebrand het.
Polisiewoordvoerder, sers Laurianne Botha sê die 59-jarige Niklaas Veldman en sy gesin het die vraghouer buite Groot Brak bewoon.
Op Saterdag, 25 Januarie het hulle vleis gaan haal toe hulle om 11:00 'n oproep ontvang dat hulle woning aan die brand is.
Veldman en sy gesin woon reeds die afgelope 11 jaar in die skeephouer. Waardevolle items wat sy kinders se klere insluit is in die brand verwoes.
Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie maar die polisie vermoed dat dit aan die brand gesteek is.
Enigeen wat bydraes aan die gesin wil lewer kan sers Botha kontak (082 778 6790).
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'