Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Drie getraumatiseerde kinders tussen die ouderdom van 4 en 16 jaar saam met hul Suid-Afrikaanse pa en Oekraïnse ma is Sondag, 8 Mei, na sowat twee maande wat hulle as vlugtelinge uit Kiëf, Oekraïne gevlug het, in Hartenbos saam met familie herenig.
Leon en Tatiana Barnard het ekslusief aan Mossel Bay Advertiser vertel hoe hulle lewe in 'n oogwink verander het toe die eerste bomme in Kiëf begin val het.
Leon en Tatiana het in New York ontmoet en is al vir meer as 10 jaar getroud. Sedert 2012 het hulle saam met hul drie kinders Nastya (16), James (9) en Olivia (4) in Kiëf gebly.
"Ons het soos enige ander dag wakker geword en op televisie gesien dat die Russiese president, Waldimir Poetin, Oekraïne gaan inval," vertel Leon. "Ons kon dadelik aanvoel dat die spanning in ons stad Kiëf begin toeneem het. Binne die eerste paar uur het die Russe die stad begin nader en staatsinstansies soos die Boryspil Internasionale lughawe aangeval."
Hy vertel nadat 'n tweede lughawe naby hulle aangeval is, het hulle besef die oorlog is hier. Hulle het egter besluit om eers te wag en sien wat gebeur en dat hulle genoeg vuurwapens in die huis het .
VIDEO - A Mothers story of fleeing Ukraine (Video: Jannie du Plessis).
"Dinge het nie vir die Russe soos wat verwag is verloop nie en hulle het begin om inwoners te skiet," vertel hy.
"Mens sien sulke dinge net in flieks. Ek het gesien hoe 'n vegvliegtuig oor ons gebou vlieg en net daarna deur missiel getref word. Die vliegtuig het in een van die woonbuurte geval."
Tatiana het na net meer as 'n week die dag met vrees op haar gesig vir Leon kom sê dat die Russe net 5km buite die dorp met hulle tenks is en dat hulle besig is om Kiëf se inwoners aan te val. Sy het leon versoek dat hulle dadelik moet vlug.
Met net die nodige is hulle met publieke vervoer en later met mense wat hul ken na 'n klein dorpie Suid van Kiëf geneem ongeveer in die middel van Oekraïne. "Daar het ons na 'n week op 'n trein geklim. Ek moes 18 ure regop staan in die trein waarin die mense soos sardientjies gepak was met honde, katte en bagasie ook," sê Leon.
Grenspos
Deur die grens is hulle na Warsaw geneem waar hulle in 'n hotel moes bly want daar was geen ander verblyf nie.
Hy het die Pole geloof dat hulle onder hierdie omstandighede steeds goed georganiseerd was. Die Barnards is al by die grenspos met kos, water en die wat mediese behandeling nodig gehad het, gehelp.
Met die hotelkostes wat te hoog was het hulle toe 'n plek 'n ent buite Warsaw gekry om te huur.
Hulle fondse was naderhand uitgeput en was hulle desperaat om na Suid-Afrika te vlieg. Personeel by die Suid-Afrikaanse ambasade het net hulle skouers opgetrek en gesê hulle kan hulle nie help nie.
VIDEO - Pa vertel van ervaringe op vlug uit Oekraïne
(Video: Jannie du Plessis).
Tatiana, wat nie Afrikaans kan praat, het aan die Advertiser vertel dat die vroue voor die oorlog onder mekaar begin praat het oor 'n moontlike inval.
"Weeks before the invasion I started to teach my children what they should do in case they hear sirens, not be afraid and to know where they need to go," vertel sy. "I started to prepare them where the bomb shelters are and where they can hide."
Dan begin die trane vloei en sy vertel dat sy hulle geleer het om hulle name en adres te kan sê. Toe die bomme begin val en hulle na skuilings gaan kon hulle nie vir die histeriese klein Olivia verduidelik wat gebeur nie.
Hartenbos
Tans hier in Hartenbos as hulle uitgaan gryp klein Olivia haar rugsakkie en sit haar mussie op soos in Oekraïne. "The little one especially doesn't understand that we had to stay in the shelters with other people and where she needs to be quiet and that it is not as convienent as our home," sê sy. Tatiana vertel ook dat haar 16-jarige dogter in een dag volwasse moes word om hulle te help met die jonger kinders.
VIDEO - Ouers vertel van hulle bekommernis oor hulle kinders in Oekraïne (Video: Jannie du Plessis).
"My son asked me questions; 'why do the Russians want to kill us?' And I don't have answers to that.
"My daughter is graduating school. We are supposed to pick a nice dress for her and plan her future, now everything has changed." Leon voeg by dat hy Nastya moes leer om 'n wapen te gebruik indien hy en Tatiana iets sou oorkom. "My son is crying because he misses his friends," sê Tatiana.
Na twee maande se gesukkel met owerhede het Gilbert Martin van We are South Africans gereël gekry dat die Barnard-gesin Suid-Afrika toe kom nadat sy organisasie die R41 000 vlugkoste betaal het.
Op 8 Mei land die Qatar lugredery se vliegtuig met die Barnards in Kaapstad en Leon se broer neem hulle na Hartenbos waar hy en sy gesin by sy pa Leon en ma Ethne nou bly.
Vir Tatiana is dit die eerste keer in Suid-Afrika en benodig die gesin ernstig bystand van die gemeenskap, nie net finansieël nie maar ook sielkundige berading veral vir die kinders.
Die gemeenskap wat die Barnard-gesin kan bystaan kan Leon kontak by 063 463 1928.
Klein Olivia was ongesteld toe die foto geneem is en het heeltyd met haar tassie in die kar buite gesit. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'