DANABAAI NUUSFLITS - Persone wat die Danabaai-kliniek vir chroniese medikasie en doktersondersoeke gebruik het, sal vanaf 1 September hierdie dienste slegs by die Alma-kliniek ontvang.
Die mediese praktisyn is elke Donderdag by Alma-kliniek.
Hierdie nuus volg op onlangse gerugte op veral sosiale media dat onder meer die Danabaai-kliniek sy deure gaan sluit, het die Mosselbaai-munisipaliteit ondersoek ingestel om inwoners se om ontevredenheid en paniek aan te spreek.
Volgens dr Jaco Botma van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement by die provinsiale hospitaal op Mosselbaai is die gerugte is onwaar.
Botma het bevestig dat sommige dienste wel gesentraliseer gaan word, wat beteken dat pasiënte vir doktersondersoeke vir chroniese medikasie vanaf 1 September slegs by die Alma-kliniek dienste sal ontvang.
Persone wat Danabaai-kliniek vir chroniese medikasie en ondersoeke gebruik het, sal hierdie dienste vervolgens slegs by die Alma-kliniek ontvang.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Danabaai, Tuinroete nuus'