MOSSELBAAI NUUS - Die jaarlikse interskole-toernooi tussen Hoërskool Punt en Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn het verlede naweek plaasgevind.
Gholf
Punt se eerstegholfspan het die interskole goed begin deur Gimnasium gemaklik met 163 punte teenoor 108 punte te wen.
Rugby
Hardlooprugby en goeie vaardighede was die wenner op die dag tussen Punt en Gimnasium.
Die o/14A-span skop die dag af met ‘n goeie vertoning en wen ‘n spannende wedstryd 22-15. Die o/14B-span bewys ook wat in hulle steek, en wen 24-5.
Punt se o/15A-span behou hulle goeie vorm en wen 24-0. Die o/15B-span val ongelukkig vas teen Punt se buurskool, Hillcrest 0-10. Punt speel Gimnasium van die veld af wanneer die o/16A-span met 34-26 wen.
Die o/19B-span val ongelukkig ook vas na ‘n rowwe seisoen. Punt se eerstespan begin hul wedstryd stadig en staan vinnig ‘n paar drieë af. In die tweede helfte begin die wedstryd draai en Punt druk twee goeie drieë (Wallie Roux en Anslin Hermanus). Jan-Hendrik Marx druk ook ‘n baie mooi drie. Ongelukkig verloor Punt momentum en verloor 21-36.
Die skare het die dag se rugby geniet en kan verseker trots wees op die eerstespan. Hierdie span, onder leiding van Heinrich Alberts, het nie een oomblik opgegee nie. De la Rey Steyn was Punt se man van die wedstryd.
Punt se netbal- en hokkiespanne het gemengde welslae gehad en die wedstryde was baie spannend.
Netbal (Punt se tellings eerste)
o/14A 12 - 30
o/14B 22 - 13
o/14C 11 - 11
o/14D 9 - 11
o/16B 28 - 18
o/16A 16 - 34
o/17B vs 18D 17 - 30
o/17A vs 18B 18 - 22
o/18C vs 18C 9 - 26
1ste span 31 - 32
Seunshokkie (Punt se tellings eerste)
o/14 A 2 - 0
o/16 A 1 - 0
1ste span 1 - 3
Meisieshokkie (Punt se telling eerste)
o/14A 0 - 3
o/16A 0 - 4
2de span 1 - 1
1ste span 1- 3
'n Punt-woordvoerder sê: "Dit was ‘n heerlike sportdag wat in ‘n baie goeie gees plaasgevind het. Baie dankie aan ons besoekers, Langenhoven Gimnasium. Dit was ‘n voorreg om julle hier by ons te kon verwelkom. Ons sien julle in 2020 in Oudtshoorn. Hoërskool Punt sal in 2021, tydens ons eeufeesviering, weer die gasheerskool wees."
Bertus Kruger van Punt in aksie. Foto: Keith du Toit, Punt-fotografieklub
Jan-Hendrik Marx (Punt se eersterugbyspan) oppad doellyn toe. Foto: Boshoff Photography
Punt se gholfspan: Malcolm Hamilton, Estian Hobbs, Reece Taljaard, Wouter Dercksen, Divan Oosthuizen en Ian Pautz.
Die Punt-dirigente by die interskole.
Punt se Tacha-Marie Joubert (eerstenetbalspan). Foto: I Pietersen, Punt-fotografieklub
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'