MOSSELBAAI NUUS - Die Christusfees met die NG Moedergemeente se Kersdienste bly maar net 'n inspirasie.
Dis wanneer die Woord, sang, musiek en uitstekende plaaslike talent met die vibe van vakansiegangers aan God die eer en vrede op aarde bring.
Die gemeente bied verskeie dienste tydens die seisoen.
Kersdiensste: 06:30, 08:00 en 9:30 in die kerkgebou; 08:00 en 9:30 ook in die klipkerk as die kerkgebou te vol word.
Op Kersdag gaan die kollekte vir Aksie Samaritaan, wat tans meer as 20 gesinne maandeliks van 'n kospakkie en noodsaaklike middele te voorsien.
Streetwise for Jesus is ook 'n Kersdag-projek. Die gemeente verskaf polistireenbakkies en mense bring 'n ekstra bord kos of twee van hulle Kersdagete na die kerk toe.
Hierdie maaltye word dan uitgedeel wat nie op Kersdag 'n bord kos gaan hê nie. In 2016 is meer as 500 borde uitgedeel.
Oujaar-Nuwejaarsdiens en middernagdiens: Vanjaar bied die gemeente twee dienste aan.
Eers om 19:00 vir die ouens wat nie laat kan wakkerbly nie of die strate wil trotseer nie, maar daar is ook die tradisionele 23:00 middernagdiens.
By die laatnagdiens wil ons 'n familie-partytjie-nuwejaarsfeestelikheid skep, waartydens kerkgangers in die kerk bly tot die nuwe jaar aanbreek.
"Ons nooi ons mense om dan by die kerk 'n glasie te klink en te kuier."
Op 7 Januarie 2018 kuier Oscar Ehrensperger tydens beide oggenddienste om 08:00 en 10:00 by die gemeente.
"Oscar is 'n lidmaat van ons gemeente, maar bedien eintlik voltyds as gospelsanger in gevangenisse, gemeentes, by konferensies en oorsee. Hy het verskeie CD's op sy kerfstok.
"Hy lei ons op 7 Januarie by die oggenddienste met sy musiek en getuienis die nuwe jaar in."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'