MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Gemeenskaps-polisiëringsforum het onlangs twee oorhandigings gemaak.
Volgens die voorsitter, Leon van Dyk is R500 vir elke skof vir die Mosselbaai-polisiestasie en speurders geskenk om by te dra tot motivering.
"Die polisielede kan dalk 'n lekker braai hou om spanbou te bevorder."
Die sekuriteitsmaatskappy M Sec het ook 'n radio as basisstel aan die Mosselbaai brand- en reddingseenheid geskenk. Van Dyk sê die gedagte is dat buurtwaglede ook in kontak sal kan wees met die brandweer en ambulansdienste.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'