MOSSELBAAI NUU S- Die Da Gamaskop-polisie is tans besig met 'n reeks gesprekke met gemeenskappe in hulle bedieningsarea.
Tydens hierdie imbizos word die gemeenskap op hoogte gebring van die jongste misdaadtendense en gemotiveer om deel te word van 'n aktiewe buurtwag of straatkomitee.
Die mees onlangse imbizo is gehou met die gemeenskap van die JCC-woongebied waartydens die sektorbevelvoerder, kst Ludumo Dyasi, hoof van visuele polsiering, lt kol Chris Meiring en die stasiebevelvoerder, kol Mark Hartzenberg die gemeenskap toegespreek het.
Volgens kapt Wollie Fourie, kommuniksiebeampte van die Da Gamaskop-polisie was daar gedurende die afgelope naweek besonder min sake aangemeld.
In die afgelope weke het lede van die gemeenskap goeie samewerking aan die SAPD gelewer deur self deel te neem aan patrollies in woongebiede.
"Die afleiding kan gemaak word dat groter gemeenskapsbetrokkenheid, beslis misdaad hokslaan.
"Ons bedank die gemeenskap vir hulle samewerking."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'