MOSSELBAAI NUUS - Dirk Kotzé, burgemeester van Mosselbaai-munisipaliteit, het onlangs lede van die Wes-Kaapse regering se provinsiale kabinet in Mosselbaai verwelkom.
Die lede het op Maandag, 29 Augustus gebruik gemaak van 'n gemeenskapsuitreik wat gehou is by die D'Almeida-gemeenskapsaal.
Die gemeenskapsuitreik het inwoners van Mosselbaai die geleentheid gebied om een-tot-een vergaderings met die provinsiale uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse regering te hou.
Inwoners het onder meer vrae gevra oor behuising, gesondheid, ekonomiese ontwikkeling en veiligheid.
Alan Winde, Wes-Kaapse premier, het op Dinsdag, 30 Augustus die premier se koördineringsforum in die Mosselbaai Stadsaal aangebied.
Kotzé sê: "Ons sê baie dankie aan premier Alan Winde en sy span provinsiale uitvoerende lede wat met inwoners van Mosselbaai gesels het. Dit was 'n eer om 'n plaaslike gemeenskapsaal in ons dorp te kon bied vir hierdie geleentheid om goeie bestuur te laat groei."
Mosselbaai burgemeester, Dirk Kotzé hier saam met minister Mireille Wenger tydens die gesprekvoering met gemeenskapslede van Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'