Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Van agter 'n wit masker, antwoord een lid van die groepie mimiekkunstenaars wat Saterdagmiddag by die Santosfeesterrein 'n samedromming veroorsaak het bloot: "Ons is van D'Almeida."
Die trio het laat Saterdagmiddag tydens vanjaar se Dias- & Portfees toe die springkastele afgeblaas word, die kinders wat nog daar rondgestaan het, laat skaterlag toe hulle kamtig vreesagtig was vir die meganiese bul.
Die kleingoed het geskaterlag vir die jong mans se manewales en kort voor lank het almal wat aan die verbystap was opgedam om te sien wat gaande is.
Die drie het vinnig tussen die skare verdwyn. Wie weet waar hulle volgende sal uitslaan...
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL, VIDEO & FOTO: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'