Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Drie weke gelede het gelowiges in Mosselbaai en Groot-Brakrivier die toegelate oefentyn tussen 06:00 - 09:00 op Sondae gebruik om deel te neem aan ‘n gebedstaptog.
Die deelnemers se oogmerk was om ‘n pleidooi te lewer vir die heropening van kerke.
President Cyril Ramaphosa het intussen aangekondig dat plekke van aanbidding wel onder die vlak 3-inperkingsregulasies sal kan open.
Op Sondag, 31 Mei het gelowiges weer saamgekom om te stap en meer nog, te bid.
Die groep het tydens Sondag se staptog ook ondersteuning gebied aan die familie van Sadiyah Moerat, Kansa se Global Hero of Hope 2018/2019 wat Vrydag 29 Maart haar stryd teen kanker verloor het.
Fotogalery: Gebedstaptog deur gelowiges
Pastore Fostino Jacobs en Debbie Benjamin het die groep, wat tot by die Petersen-familie se huis gestap het, in voorbidding gelei.
Foto: Cornelle Karstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'