MOSSELBAAI NUUS - Wat gebeur as 'n dorp openlik beken waarin hulle glo? Mosselbaai behoort aan Jesus is 'n geleentheid wat op 27 April aangebied word, wanneer Mosselbaaiers kan saamkom om antwoorde op groot vrae te soek.
"As ons kyk na die huidige stand van Suid-Afrika, ons stede, ons dorpe en die agteruitgang van ons ekonomie, werksgeleenthede - die gebrek aan basiese behoeftes van elke mens.Mense voel moedeloos, bekommerd en vrees wat die toekoms vir hulle kinders inhou. Waar gaan dit eindig? Hoe gaan dit verander?"
Al hierdie vrae het Corné Kok daartoe gelei om hierdie byeenkoms saam te roep.
"Die antwoord is deur Jesus aan die voorpunt van alles te stel. In beheer van alles te stel. Bo alles te stel," se Corné, wat tydens die byeenkoms die Woord sal bedien. Die inisiatief verduidelik hy, is aan hom geopenbaar onderweg op 'n sakereis vanaf Graaff-Reinet na Mosselbaai. "Hierdie kan beskou word as 'n geleentheid om die dorp, die land en selfs die wêreld te verander deur die sleutels van Mosselbaai in geheel aan Jesus te oorhandig."
Die Mosselbaai behoort aan Jesus-geleentheid word gehou in die ATKV Skoffelskuur om 19:00.
Toegang is gratis. Dankoffers tydens die geleentheid is welkom, aangesien dit aangewend sal word om die inisiatief tasbaar uit te bou.
Vir meer inligting, kontak Corné Kok (083 708 9028) of stuur e-pos na info@cornekok.co.za
Meer inligting is ook beskikbaar by:https://web.facebook.com/KokCorne/
https://www.facebook.com/events/298175430850774/?ti=icl
https://web.facebook.com/KokCorne/videos/367592300688727/
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'