MOSSELBAAI NUUS - Inwoners moet kennis neem dat die gratis swart vullissakke wat deur die Mosselbaai-munisipaliteit voorsien word, nie vir tuinvullis bedoel is nie.
Trouens, tuinvullis mag glad nie in swart vullissakke deur die munisipale vullisverwyderingsdienste verwyder word nie.
Op Danabaai het inwoners die uitdaging aanvaar om weekliks hoogstens twee swart vullissakke per gesin met huishoudelike vullis vir verwydering buite hul erwe te plaas.
Volgens inwoners daar, kan Mosselbaaiers heelwat meer doen om te rommel te hersirkuleer en om seker te maak dat herwinbare afval in die gratis blou vullissakke vir gratis verwydering uitgesit word.
Daarbenewens kan herwinbare plastiek, papier en blikkies ook by die talle herwinningshouers wat regoor die dorp geposisioneer is, weggooi word.
Tuinvullis
Inwoners word gewaarsku om nie tuinvullis in die swart vullissakke onder huisafval weg te steek nie.
Dit gebeur dat takke en selfs korter stompe in die swart vullissakke weggegooi word en die kompakteerders se meganismes beskadig wanneer dit saam met huishoudelike afval verwyder word.
Volg gerus Danabaaiers se voorbeeld. In Danabaai is inwoners die uitdaging gestel om weekliks nie meer as twee swart vullissakke per huishouding vir verwydering uit te sit nie, en om sodoende groter klem om herwinning te plaas.
Neem in ag dat die herstelwerk van hierdie kompakteerders nie net baie duur is nie, maar op belastingbetalers se onkoste herstel moet word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'