GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier Sekondêre Skool het op Vrydag, 11 Februarie 'n gedenkdiens vir 'n graad 10-leerder, Muzane Tobias gehou.
Muzane is op 4 Februarie na wat verneem word aan natuurlike oorsake oorlede.
Haar Engelse juffrou, Ronisia Jones beskryf haar as 'n liefdevolle, stil leerder. "Sy het egter nie gehuiwer om vrae te vra as sy onseker oor iets was nie."
Die skool het op sosiale media hul medelye teenoor Muzane se familie betoon.
"Haar sagte stem sal gemis word. Haar klasmaats onthou haar as saggeaard en vriendelik."
Skoolhoof, mnr ID Speelman sê Muzane kon weens haar siektetoestand nog nie vanjaar skool bywoon nie. "Dit is baie hartseer juis omdat sy so 'n hardwerkende leerder was."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'