MOSSELBAAI NUUS - Verskeie Mosselbaaiers het onlangs op sosiale media saam kopgekrap oor 'n bulk-geluid wat hulle saans en soms ook in die vroeë oggendure in die onderdorp op Mosselbaai hoor.
Inwoners het opgemerk dat die geluid baie soos die gebulk van 'n koei klink.
Ander het gemeen dit is dalk 'n rob terwyl daar ook inwoners is wat sê die geluid kom van 'n horing wat geblaas word. Enigeen wat meer inligting hieroor het kan 'n e-pos stuur na louise@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'