MOSSELBAAI NUUS - Twee vlytige, raakvatvroue het die breipenne en wol nader getrek en hierdeur borskankerpasiënte se pad vorentoe effens makliker gemaak.
Na aanleiding van 'n programinsetsel op Kwêla, het Marha Parker en Mari Greyling nadat hulle van Knitted Knockers gehoor het, ywerig begin brei om prosteses te skep vir vroue wat mastektomies ondergaan het.
Knitted Knockers is handgebreide prosteses vir vroue wat mastektomies en ander prosedures ondergaan het. Hierdie gebreide prosteses is sagter en ligter as ander prosteses, asook gemakliker om te dra. Die wol is meer absorberend en voorkom die vorming van 'n hitte-uitslag en die ongemak wat ervaar word deur sommige vroue wat silikoonprosteses gebruik.
Knitted Knockers is die handewerk van vrywilligers van regoor die wêreld. Die organisasie het nou ook in Suid-Afrika wortel geskiet.
Dit is hoe die gebreide prosteses van naderby lyk.
Foto: www.knittedknockers.co.za
Enige persoon wat graag meer oor hierdie prosteses wil weet of dalk wil koop, kan Anina Meiring (073 041 6565) of Maxie Willemse (082 958 3467) kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'