MOSSELBAAI NUUS - 'n Gasteplaas was in die vroeë-oggendure, Donderdag, 6 April, die teiken van 'n gewapende roof sowat 10km buite Groot-Brakrivier op die R102.
Volgens inligting het vier gewapende rowers ongeveer 01:00 een van die Eco gaste-eenhede van die die Buff and Fellow Eco Game Farm, waarin twee gaste, 'n man en vrou geslaap het, binnegegaan.
Niemand is in die voorval beseer nie. Dit is ook onbekend wat geroof is.
Mossel Bay Advertiser het met die Groot-Brakrivier-polisie bevestig dat die vier rowers te voet van die plaas gevlug het en dat daar tans na die rowers gesoek word.
Die gasteplaas 10km buite Groot-Brakrivier op die R102 geleë.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’