Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEOS - Die sewende handelskou, aangebied deur die Gastehuisgilde van Mosselbaai, is vandeesweek by die Skoffelskuur in Hartenbos gehou.
Besoekers is boonop beslis nie teleurgestel deur die 55 uitstallers wat vanjaar hulle produkte ten toon gestel het nie.
Tydens die skou bied 'n verskeidenheid interessante ondernemings wat dienste en produkte binne die gasvryheidsbedryf lewer, uitstallings aan.
Vanaf wynplase, wildsplase, watersportfasiliteerders, helikoptervlugte, kosprodukte asook die nuwe glykabel of zipline, en verskeie ander produkte verwant aan die gasvryheidsbedryf is aan kliënte bekendgestel.
Volgens een van die organiseerders, Louis Cook, voorsitter van die Mosselbaai Gastehuisgilde, was daar vanjaar 55 uitstallers wat verskeie produkte ten toon gestel het en sommer nog heelwat aantreklike pryse is uitgedeel tydens gelukstrekkings.
Cook sê dis die tweede jaar wat die uitstalling by die Skoffelskuur aangebied word.
Linda Abdinor links en Judy Rabie regs proe hier van die German Smokehouse Deli se produkte terwyl Dawn Kotze toekyk.
Die handelskou groei jaarliks. Toegang asook deelname van die stalletjies is gratis en is oop vir die publiek ook om te sien wat Mosselbaai en omgewing vir die toerisme bedryf kan bied.
'n Moet vir elkeen wat in die verblyfbedryf is en te kan sien wat besoekers en vakansiegangers kan trek na al die besienswaardighede en pret van die groter Mosselbaai omgewing.
Kyk 'n video hieronder.
Engela Reid proe hier aan NLR wyne met Ralf Dampier links en Robbert Reid regs. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'