MOSSELBAAI NUUS - Vrywilligers is daardie engele in 'n gemeenskap wat vrylik van hulself gee in diens van 'n organisasie sonder om erkenning of vergoeding te eis.
Die Tuinroete DBV is so 'n organisaie wat kan staatmaak op 'n groep engele wat enigiets sal doen om die lewe vir ons viervoetige kinders en vriende beter te maak.
Saterdag, 13 Maart het 'n groep van Mosselbaai se vrywilligers saam met van die komiteelede by die Mosselbaai DBV gekuier en sommer ook die geleentheid gebruik om die nuwe vet room (veeartskamer) van nader te beskou en ook om die huidige vriende by hul hokke te gaan groet.
Indien jy lus voel om deel van hierdie besonderse engelgroep te raak, kontak gerus die voorsitter, Jeanetta Marais (082 571 3220) of die onder-voorsitter Vanessa Barnard (082 444 3712).
Die diere benodig engele.
Gaby Drews, een van die Tuinroete DBV se komiteelede (regs) by twee Mosselbaai-vrywilligers, Annegret van der Walt (links) en Daphne Thomas by 'n kenmekaargeselligheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'