MOSSELBAAI NUUS - Na twee taai jare waarin Kansa nie al sy normale bedrywighede en aktiwiteite soos die Relay for Life kon aanbied nie, het vrywilligers steeds hulle kant met oorgawe gebring. Ook wat fondsinsameling betref.
Die Garden Relay for Life-komitee en spankapteins wat gedurende die afgelope twee jaar, te midde die uitdagings van Covid-19, steeds met hulle diens in die gemeenskap aangegaan het het vandeesweek op Dinsdag, 14 Junie byeengekom.
Die bekroonde Garden Route Relay for Life, wat gewoonlik hulle fondsinsamelingsgeleentheid in Maart by die D'Almeida-sportgronde hou, het in Maart vanjaart 'n sportdag aangebied om geld in te samel.
Die RFL-komitee en -spankapteins het Dinsdagaand die koue trotseer en by Kindersorg Mosselbaai byeengekom vir 'n geselligheid.
Die geleentheid was deels om die vrywilligers te bedank vir hulle toewyding en ook om Kansa se beplande aktiwiteite, wat nou weer hervat, te bespreek.
Tydens die geleentheid, is bestaande spanne wat geld ingesamel het bedank vir hulle bydraes en trofeë is oorhandig aan die toppresteerders oorhandig.
"Van die spankapteins het voortgegaan met fondsinsameling na afloop van die vorige RFL en 'n totaal van R 153 000 is ingesamel," berig Singh.
Die topspan, genaamd Stoepsitters, het R104 000 ingesamel.
Volgens Singh, is die komitee reeds volstoom besig met die organisering van 2023 se Kansa Relay for Life wat in Maart gehou sal word.
"Ons is op soek na spanne wat kan inskryf en nooi die hele gemeenskap uit om by ons aan te sluit."
Vir enige navrae, kontak Merle Singh (082 467 4413).
Merle Singh, Hennie Petersen en Clarence Cairncross van die Stoepsitters.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'