MOSSELBAAI NUUS - Lede van die gemeenskap neem toenemend eienaarskap van hulle woonbuurte. Dit blyk duidelik uit 'n aantal gemeenskapsvergaderings gehou gedurende die afgelope paar weke. Hierdie byeenkomste spruit uit kommer oor die misdaadsituasie. By meeste van hierdie vergaderings is 'n dringendheid om die huidige misdaadtendense aan te spreek aangehoor.
Die Gaatjie, is die mees onlangse woonbuurt wat met 'n nuutgestigte buurtwag spog.
Na twee suksesvolle vergaderings met die Da Gamaskop-polisie se kapt Virgie Julius, is die buurtwag sedert hulle laaste vergadering op 22 Oktober, nou opdreef.
Hierdie gemeenskap gaan veral aksie neem by etlike kuierplekke of oftewel taverns in die JCC-woongebied.
Die nuutgestigte buurtwag van Gaatjie.
Die gemeenskap in gesprek met kapt Virgie Julius van die Da Gamaskop-polisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'