MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste is op 2 September by 'n natuurreservaat naby Mosselbaai met 'n vyfgang maaltyd, wat deur die talentvolle sjefs Craig Gouvea en Leon de Kock voorberei is, bederf.
Beide sjefs het plaaslike en internasionale ervaring.
Die fynproewers het aan 'n verskeidenheid geregte, wat deur plaaslike wyne gekomplimenteer is, gesmul.
Op 14 Oktober om 09:00 ontmoet die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste, in die Diaz Hotel se Chef Emporium restaurant, die bekende sjef, Emile Nel. Op hierdie geleentheid gaan hy die gereg, tappas demonstreer.
Die Suid-Kaap Fynproewersgilde hou gereelde kosdemonstrasies saam met van die beste sjefs in die omgewing. Vir meer inligting kontak Santie van Vuuren (082 461 0777) of Ena Jacobs (082 416 5304).
Gaste en voornemende nuwe lede is hartlik welkom. Kontak Santie om ‘n plek te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'