Tiaan se gemaklike geaardheid - beide agter die kospottte, sowel as die verhoog - het dit duidelik laat blyk hoekom hy reeds vir homself naam gemaak het in die vermaaklikheidsbedryf.
Trudie Niehaus, een van Kokkedoor se 'onthoukokke', het op haar eie kleurvolle manier 'n paar van haar rasend-snaakse ervarings tydens die verfilming van dié realiteitsprogram gedeel.
Die multi-talentvolle Reinhardt Buhr, ook bekend onder die verhoognaam Wild Lettuce, wat as solo-kunstenaar sy eie interessante eklektiese musiek skep deur verskeie instrumente en genres in sy komposisies te vermeng, het die gehoor betower met veral sy akoestiese Spaanse kitaarmusiek.
Sangonderwyseres van Groot Brak, Marida Bridges, het opgetree en die sjarmante Swepie le Roux van die Doorn-kraal-wynplaas in Oudsthoorn het in sy pittige praatjie bewys daarvan gelewer hoekom hy met reg deur kennisse as 'n 'Boere-gentleman' beskryf kan word.
Die ongeveer 350 gaste het 'n inkopiefees gehad tussen die minstens 20 uitstallers wat 'n Kersmark aangebied het tydens die geleentheid. Drie van die gilde se stigterslede, Petro Kruger en die egpaar Jan en Careen Pienaar, wat die organisasie in 1998 tot stand gebring het, het ook die geleent-heid bygewoon.
Die feestlikhede is verder afgerond met 'n groot aantal pryse, onder andere 'n bootreis, wat tydens gelukstrekkings weggegee is. Vir meer inligting oor die Suid-Kaap Fynproe-wersgilde, skakel die voorsitter, Salomie Steenkamp, by 084 576 7633.
Die stampvol Mosselbaai Stadsaal getooi in rooi vir die Suid-Kaap Fynproewersgilde se afsluiting met die tema Afri-Spaans. Foto: Tersia Marais
'n Kolwyntjie wat bewys dat 'n groot deel van die genot van eet reeds by die oë begin. Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'