MOSSELBAAI NUUS - Sjef Petro Lotz van die Yellow House op Prince Albert sal op 3 Junie Skandinawiese geregte aan die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste demonstreer.
Die geleentheid vind om 09:00 by die Diaz Hotel se restaurant, Chefs Emporium plaas.
Lotz was ook 'n Kokkedoor-deelnemer en het al saam met Nataniël gekook.
Bypassende wyne sal saam met die Skandinawiese geregte bedien word.
Die Fynproewersgilde nooi gaste en voornemende nuwe lede om die oggend saam te geniet.
Kontak Santie van Vuuren (082 461 0777) voor 27 Mei om ‘n plek te bespreek teen R170 ‘n kaartjie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'