Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die nie-winsgewende organisasie, Just Breathe in Care of Cancer het op Vrydag, 14 April, 'n pasiëntondersteuningsfunksie gehou.
Die spoggeleentheid met 'n driegang maaltyd is by die Dias hotel aangebied.
FOTOGALERY: Just Breathe in Care of Cancer 'n groot sukses
Just Breathe in Care of Cancer is 'n organisasie wat deur 'n multi-dissiplinêre span insluitend radiologie, patologie, onkologie en algemene chirurgie saamgestel is. Die doel van die organisasie is om ondersteuning en kommunikasie aan kankerpasiënte te verleen.
Die doel van die funksie was om meer mense by die organisasie betrokke te kry en om bewusmaking van kanker by beide mans en vroue te skep.
Christelle de Waal werk by dr Jan-Hendrik Barnard en sê sy is 10 jaar gelede met kanker gediagnoseer. "Ek het voorgestel dat ons kommunikasie-pakkette saamstel sodat pasiënte die regte inligting kan kry en gerustheid het oor die pad vorentoe. Wanneer jy slegte nuus kry kan jy nie asem haal nie, maar ons wil vir kankerpasiënte sê haal asem want daar is 'n ongelooflike span wat agter jou staan."
Kliniese onkoloog, dr Michiel Botha het ook die funksie bygewoon. Botha is werksaam in George en Mosselbaai. Hy sê die kommunikasie-pakket bestaan uit inligtingstukke vir pasiënte. "Dit is huidiglik beperk tot die pasiënte wat ons sien, maar ons sal graag wil uitbrei na ander pasiënte in die omgewing sodat hulle ook daarby kan baat vind."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’