MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Herbertsdale, Frans Julies spog met reuse pampoene vanuit sy tuin in Skoolstraat.
Frans werk op 'n plaas buite Herbertsdale en wanneer hy saans van die werk af terugkeer stap hy eerste na sy pampoene toe.
Hy versorg sy groente met liefde en verwerk sy grond. Die pampoene is nie net groot nie, maar smaak boonop heerlik.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'