Vyftien ywerige fotograwe het vir twee dae die geleentheid gekry om die fynere kunsies van fotojoernalistiek onder die knie te kry. Benewens 'n baie insiggewende teoretiese onderbou, is verskeie praktiese opdragte aan hulle gestel.
Die kursus is deur Group Editors, die eienaar en uitgewer van die Mossel Bay Advertiser, geborg. Die doel was om die kwaliteit van die foto's wat in die koerant gebruik word, te verbeter en die leser juis 'n beter produk te bied.
Onder die bekwame leiding van professionele fotograwe Ian en Warren, is die tegniese aspekte van F-stop, sluiterspoed, komposisie, beligting en die verskillende tipes kameras in detail bespreek. Die kursusleiers is die uitdaging gestel om 'n baie diverse groep, bestaande uit professionele fotograwe en fotografiese 'groentjies', se aandag te vas te vang en inligting op 'n eenvoudige, dog verstaanbare manier oor te dra.

Kapt. Wollie Fourie, mnr Sean Snyman en Ao Daniel Prins se fotografie-vaardigheid is onder die bekwame leiding van Ian en Warren Fleming van The Photographic Company van Knysna opgeskerp.

Personeel van die Mossel Bay Advertiser, verskeie vryskutfotograwe wat by die koerant geakkrediteer is en die SA Polisie se kommunikasiebeamptes het 'n kursus in fotojoernalistiek met groot sukses by die Protea Hotel op Mosselbaai deurloop.

Vryskutfotograaf Nade Welch het ywerig aan een van die opdragte gewerk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'