Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - 'n Glansgeleentheid is Maandag, 19 September, by Salt & Copper, buite Hartenbos gehou om fondse in te samel vir die dag- en nasorgsentrum Badisa, in Sonskynvallei.
Die 140 vroue wat die heerlike noenmaal bygewoon het, is vermaak deur die kinders en onderwysers se dans- en sangtalente.
FOTOGALERY: Badisa se fondsinsameling
Volgens Mariaan Meyer, is die onderwyseresse by die sentrum almal deel van die Vroeë Kinderontwikkelingsprogram (ECD). Sowat 92 kinders word van 06:30 tot 16:30 by die dagsorgsentrum versorg waar hulle gereed gemaak word vir formele skoolopleiding en ook twee gebalanseerde maaltye per dag kry.
'n Na-skoolsentrum bied aan ouer kinders 'n plek waar hulle met huiswerk gehelp word. Arbeidsterapie en musiekwaar-deringsklasse word ook aangebied.
Badisa is 'n nie-regeringsorganisasie wat gesamentlik deur die NG Kerk en die VGK bestuur word in die Wes-Kaap met geld wat deur die regering beskikbaar gestel word om in gemeenskappe aan te wend. Hulle het verskeie opleidingsentrums, 'n tehuis vir ongehude moeders en 'n versorgingsoord wat onder hul bestuur val.
Volgens Meyer, was die doel van die geleentheid om aan die wyer gemeenskap te wys waaroor Badisa gaan en om dankie te sê vir die reuse-hulp wat hulle ontvang met donasies om kinders se skoolgelde te borg.
"Weens die moeilike ekonomiese toestande waarin ons nou vasgevang is, help hierdie fondsinsameling en donasies geweldig baie".
VIDEO - Mariaan Meyer, Beheerraadslid Badisa, Sonskynvallei Dagsorgsentrum verduidelik die belangrikheid van fondsinsameling-geleenthede vir hulle (Video: Alet Engelbrecht, Mossel Bay Advertiser).
VIDEO - Die kinders en onderwysers by die Badisa Dag- en Nasorgsentrum vermaak die gaste met hul danspassies (Video: Alet Engelbrecht, Mossel Bay Advertiser).
VIDEO - Badisa onderwysers, Wendy Coetzee, Maryna September en Lynette Klaaste vertel hoe hulle dit geniet om met die kinders by die dagsorg sentrum te werk. (Video: Alet Engelbrecht, Mossel Bay Advertiser).
Foto's: Alet Engelbrecht
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'