MOSSELBAAI NUUS - Hendrien van der Walt, BSc Hons Fisioterapie Universiteit Stellenbosch wat tans afgetree is, is die volgende gasspreker by Hartenbos VLV se maandvergadering op 24 Mei.
Hendrien was werksaam as hoof-fisioterapeut by die Akademiese Hospitale kompleks in Bloemfontein met 'n spesiale belangstelling in die rehabilitasie van pasiënte na ortopediese ingrepe.
Haar praatjie gaan handel oor die oorsake en gevolge van volwassenes wat geval het en die spesiale tegniek van opstaan na 'n val in die afwesigheid van beserings.
"Almal is welkom om te kom luister en leer," nooi die bestuur. Die vergadering begin om 09:00 by die Lede in Christus Kerk, Hartenbos, hoek van Katjiepiering en Jakarandalaan, Hartenbosheuwels.
Vir enige navrae kontak Rita (076 151 9607).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'