GROOT BRAKRIVIER NUUS - Fietsryers op Groot-Brakrivier sê hulle kan dit feitlik nie meer waag om op geteerde roetes te ry nie omdat die dorp se paaie geen veilige roetes vir fietsryers bied nie.
Dié kommentaar van fietsryers volg na aanleiding van 'n brief deur 'n Kaapstadse fietsryer, Robert Vogel van Pedal Power Association.
In Vogel se brief wat op sosiale media gepubliseer is, sê hy as 'n fietsryer en inwoner van Kaapstad, is hy nie van mening dat die stad 'n aktiewe rol speel om fietsry as 'n aktiwiteit en vervoermiddel te promoveer nie.
Volgens Vogel praat die stad praat van "nie-gemotoriseerde vervoer wat fietsry insluit". In die brief skryf Vogel dat daar egter niks gedoen word om die veiligheid van fietsryers op paaie te verbeter nie.
'n Inwoner van Fraaiuitsig en fietsryer wat na aftrede meer as 91 000km op sy fiets afgelê het en op Vogel se brief reageer het sê omdat daar op geteerde paaie geen veilige roetes vir fietse is nie, ry hy eerder fiets op grondpaaie waar daar minder verkeer is en waar hy beter kan hoor.
Nog 'n fietsryer en inwoner op Groot-Brakrivier, sê hy wou onlangs op 'n Sondag 'n rustige draai met sy fiets gaan ry, maar moes ongeskikte en ongeduldigde motoriste in die woongebied trotseer. "Ek is ook al gedreig met die dood terwyl ek alleen en op my kant van die pad teen een van die vele opdraendes uit die dorp uitry."
Fietsryers is van mening dat die ontoeganklike paaie dit vir hulle onmoontlik maak om die pragtige roetes wat die area bied, te geniet. "Al wat ons eintlik vra is net 'n bietjie geduld en verdraagsaamheid. Ons het ongelukkig nie 'n rugbyveld om ons sport op te beoefen nie, maar ons betaal ook lisensiegeld aan Cycling South Africa."
Ander fietsryers sê daar is min areas in die land wat sulke pragtige roetes soos Groot Brak bied. "Ons nooi mense van oral wat dan toerisme in die gebied bevorder. "Groot Brak lê spesifiek in 'n 'kom' en jy kan nêrens heen ry sonder die spreekwoordelike berg voor jou nie. Die berge raak natuurlik platter saam met fiksheid, maar wat gebeur intussen met die persoon wat wil begin fietsry?"
Die fietsryers vra hoekom fietsryers nie meer fietsbane kan kry nie, of op die N2 kan ry nie. "Ons wil tog meer mense op fietse kry."
*Wat is motoriste en mede-fietsryers se mening hieroor? Stuur u kommentaar na louise@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'