MOSSELBAAI NUUS - 'n Silverback fiets ter waarde van R20 000 is kort nadat dit uit die Monties Fietse en Sportwinkel in Marshstraat op Saterdag, 2 Maart gesteel is, weer teruggevind.
Volgens mede-eienaar van die winkel, Luther van der Mescht is die ruit van die winkel om 06:15 met 'n swaar voorwerp stukkend gegooi.
"Die alarmmaatskappy het my gekontak toe die alarm geaktiveer is."
Van der Mescht het die polisie gekontak en inligting oor die voorval is op sosiale media versprei.
Kort na die voorval het die polisie inligting ontvang dat 'n verdagte die fiets vir R2 000 aan 'n winkeleienaar by D'Almeida verkoop het. Die fiets is intussen opgespoor.
Polisiewoordvoerder, ao Pieter Koekemoer sê die ondersoek is in 'n sensitiewe stadium. "Ons sal binnekort 'n verdagte aankeer."
Van der Mescht sê hulle beplan om die winkel se sekuriteit op te skerp.
"Ongelukkig sal ons nie meer fietse in die vertoonvenster kan los nie. Die fietse sal in 'n stoor toegesluit word en ons sal kyk na nog sekuriteitsmaatreëls."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'