MOSSELBAAI NUUS - Die uitvoerende burgemeesterskomitee van Mosselbaai het onlangs die Sonskynvallei-afvalstasie besoek as deel van hul oorsigrol.
Die raadslede het twee skeepsvraghouers nagegaan wat as deel van die munisipaliteit se prys vir die verowering van die Groenste Munisipaliteit-toekenning voorsien is.
Dié houers sal gebruik word om gevaarlike afval, soos onder meer ou buisligte, te stoor voordat dit veilig verwyder kan word - wat beteken dat inwoners hierdie soort afval nou veilig kan weggooi by nóg meer fasiliteite.
'n Ander fasiliteit wat gevaarlike afval aanvaar, is die pas opgeknapte en opgegradeerde KwaNonqaba-oorlaaistasie waaroor vroeër berig is.
Hoewel Mosselbaai in Julie 2016 die nasionale wenner van die Groenste Munisipaliteit-kompetisie was, is die prysgeld van 'n allemintige R3,5 miljoen nooit aan die munisipaliteit oorhandig om aan waardige projekte van hul keuse te bestee nie.
In plaas daarvan is die prysgeld betaal aan 'n entiteit wat deur die departement van omgewingsake geïdentifiseer is en wat as implementeerder/tussenganger opgetree het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'