EDEN DISTRIK NUUS - Leerders van die Eden- en Karoo-distrik word uitgenooi om aan die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes deel te neem.
Hierdie is die vyfde jaar waar dié streek ook by die kompetisie ingesluit is.
Volgens Sonet Strydom, administratiewe assistent in die Eden- en Karoo-streek, is dit die enigste wetenskapuitstalling in Suid-Afrika waar leerders hul diepdeurdenkde idees aan die wetenskap kan bekendstel. Hierdie is ook die ideale platvorm om met hul projek 'n verskil te maak in die toekomstige wetenskapsbedryf.
Strydom verduidelik dat die uitstalling oop is vir alle wetenskaplik georiënteerde leerders tussen graad 6 en 12 en dat leerders deur hul skole ingeskryf moet word.
"Deur deel te neem word leerder bewus gemaak van die wonders van wetenskap en ingenieurswese. Hulle verken ook entrepreneuriese moontlikhede."
Daar is 24 katogorië, wat wissel tussen chemie, landbou, energiebesparing, gesondheid, en vele ander waarvan leerders kan kies en word voortdurend deur hul onderwysers gemonitor om te verseker dat die reëls en standaarde van die Ekspo nagekom word.
Hoërskool Môrester en Hoërskool Punt in Mosselbaai is twee van die skole waar daar reeds werkswinkels gehou is om leerders te help om projekte van die hoogste standaard te produseer."
Strydom sê die leerders neem eerstens aan die streekskompetisie by Nelson Mandela Universiteit, wat op 3 en 4 Augustus in George aangebied word, deel. Die wenners hier neem dan aan die Internasionale Wetenskapuitstalling in Oktober in Johannesburg deel.
Indien enigiemand by die Ekspo betrokke wil raak of as daar skole is wat leerders wil inskryf kan hulle Sonet by 082 7111 286 skakel of 'n e-pos stuur aan puffels@telkomsa.net.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'