ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia het Donderdagaand hul leerders se goeie werk tydens 'n diplomaplegtigheid beloon.
Ouers en onderwysers wens die leerders geluk met hulle prestasies die afgelope jaar.
Ian Oosthuizen het diplomas ontvang vir lewenswetenskappe, rekeningkunde en wiskunde.
Hy spog ook met die klasprys vir Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en besigheidstudies en die klasprestasie vir 'n gemiddeld bo 70% in die Junie en September-eksamens.
Hy ontvang die prys vir leerder in graad 12 met hoogste gemiddelde punt vir Afrikaans, wiskunde en fisiese wetenskappe bo 70%.
Hierbenewens het hy diplomas verwerf vir erkenning by die RATEM-eistedfodd en vir deelname aan die verbruikerstudie-olimpiade vir graad 11- en 12-leerders wat gereël is deur die Universiteit van die Vrystaat.
Hy was onder die top 10 in die land se meriete afdeling, en ontvang die diploma vir deelname aan die SA Taalbond-tweetaligheideksamen.
Hy spog ook met skilde vir volharding en deursettingsvermoë.
Keaton Jantjies ontvang die diploma vir deelname SA Taalbond se tweetaligheideksamen, die senior kampioen in skaak en volkleure in skaak (hertoekenning).
Diplomas is ook oorhandig aan leerders wat lief is vir dig en skryf, waaronder 'n bronssertifikaat verkry The Commonwealth Essay Competition van die Cambridge University en 27 diplomas waarvan 15 brons en 12 goud is van die Internasionale Afrikaans-ekspo vir opstelle, koerantberigte en gedigte.
Sportman van die jaar is Emile Damons.
Trotse leerders wat trofeë en skilde verwerf het is, agter, van links Deacon Riddle, Steve Kannemeyer, Anwar Saayman en Emile Damons. In die middel is Jennelique September, Leigh-Hagan Eksteen, Atricia Prins en Sibongokuhle Kahlulo. Voor is Luthum Dilman, Georgia Eksteen en Ruche Julies.
ARTIKEL EN FOTO'S: HEINRICH FORTUIN, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'